ALBERTINIA GHOLFNUUS - Die Human-broers van dié dorp het die Hessequa-streek se naam weereens hoog gehou in twee afsonderlike gholftoernooie.
Hans-Jurie (22) het die vierdag Sunshine Tour Q School-toernooi op Maccauvlei gewen met 'n telling van 11 onder baansyfer. Altesaam 90 gholfspelers het deelgeneem.
Jan Human (15) het die 'ou manne' tydens Albertinia-gholfklub se jaarlikse klubkampioenskap uitgestof en die A-afdeling gewen, wat hom die klubkampioen maak. Karools Janse van Rensburg het die B-afdeling en Carel Cronjé die C-afdeling gewen.
Van links is Carel Cronjé, Jan Human en Karools Janse van Rensburg.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'