Update
SUID-KAAP NUUS - Sages het tydens hul laaste byeenkoms vir die jaar op Stilbaai ook hul algemene jaarvergadering te hou.
Grové Koch van Riversdal is herkies as voorsitter, Marius Loubser van Boggomsbaai as ondervoorsitter, Gary Ristow van Stilbaai as sekretaris en Fred Bull van Mosselbaai as tesourier.
Die verskillende klubs se verteenwoordigers is Leon Fourie vir Riversdal, Neels Lourens vir Heidelberg, Dave Gravett vir Stilbaai, Nic Marais vir Mosselbaai en Marius Loubser vir Boggomsbaai.
Koch het in sy voorsittersverslag al die wenners van die toernooie gedurende die jaar weer uitgelig en spesiaal melding gemaak van die bedrag van R16 000 wat die Sages hierdie jaar vir Kansa geskenk het.
Hulle dra ook elke jaar tot 'n hulpbehoewende organisasie in die omgewing by en vanjaar is R3 000 aan die Môreson ACVV Kinder- en Jeugsentrum in George geskenk.
Hy het al die borge vir hul bydraes gedurende 2018 bedank.
Die Suid-Kaap Sages wens al sy lesers 'n baie geseënde Kerstyd toe.
Lees 'n vorige artikel: Sages sluit op Stilbaai af
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus '