Gallery
RIVERSDAL NUUS - Liesel van Dyk en SP Vermaak is ná afloop van die Riversdal-gholfklub se jaarlikse klubkampioenskappe onderskeidelik as die vroue- en manskampioen aangewys.
Liesel het die twee rondes in 181 houe voltooi terwyl SP die A-afdeling met 148 houe gewen het.
Chanté Wannenberg is die junior klubkampioen en Boetie Crous die senior klubkampioen.
Rola Ford was die hoofborg van die dag.
Die uitslae in die verskillende afdelings was as volg:
A-afdeling
- SP Vermaak (148)
- Hanno van der Walt (152)
- Garnet Damans (155)
B-afdeling
- Frikkie Geyser (146)
- Wikus Nel (149)
- Colin Sharwood (156)
C-afdeling
- Lowaden Goliath (145)
- Henry du Plessis (147)
- Ronald Rossouw (150)
FOTOGALERY: Riversdal-gholfklub se jaarlikse klubkampioenskappe
Colin Sharwood in aksie op die agtste putjie. Hy was derde in die B-afdeling met 156 houe.
Marco Booysen slaan af op die agtste putjie.
Hanno van der Watt val die vlag aan op die sewende.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’