Update
RIVERSDAL GHOLFNUUS - Gholfspelers het die afgelope naweek in die snikhete Riversdal-sonskyn geskitter.
Vrydag, 12 Februarie het G Hough met 22 punte die weeklikse Sundowner-kompetisie oortuigend gewen.
W Prins het op 19 punte die tweede podium posisie ingeneem, met B Jordaan wat op 18 punte die derde plek ingeneem het.
Saterdag, 13 Februarie het Riversdal-gholfbaan gewemel van spelers wat vir die eerste plek in die enkel stableford-gholfdag gespeel het. Die kompetisie was straf en van 'n weghol oorwinning was geen sprake nie.
J Swanepoel se 39 punte het hom die eerste plek besorg. Op 38 punte was F Marais tweede en G Uys het met 37 punte die derde plek losgeslaan.
Saterdag, 20 Februarie word die jaarlikse Kansa-gholfdag by die Riversdal-gholfklub gespeel.
Vorige artikel: Hough en Swanepoel die gholfwenners
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'