RIVERSDAL NUUS - Garnet Damans het die Bali-uitklopgholftoernooi se Plaat-afdeling by die Riversdal-gholklub gewen toe hy Colin Sharwood in die eindstryd geklop het.
In die A-afdeling kom Koos Eksteen nou teen Rayno Stander te staan en die wenner sal vir Marcelles Hurling aandurf om die algehele wenner van die Bali-uitkloptoernooi te bepaal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'