HEIDELBERG SPORTNUUS - Heidelberg se rolbal-kriekettoernooi het Donderdagaand, 16 November na ses weke geëindig.
Die toernooi is deur die Cobras gewen, gevolg deur die Old Farts tweede.
Volgens Trinette Evert was die toernooi 'n reusesukses en het sportgees aan die einde van die strawwe kompetisie wel geseëvier. Daar word uitgesien na meer strawwe kompetisie volgende jaar, omdat dit elke jaar meer mense lok om deel te neem.
Volledige uitslae
- Cobras;
- Old Farts;
- Bowling Stones;
- Warriors;
- Rockers;
- Techron Riders;
- Pepper Pirates;
- Dolphins;
- Proteas;
- Kanimor;
- Bubbling Broccoli.
Johan van Tonder, Braam Boonzaaier en Japie Roberts van Old Farts was in die tweede plek.
Rowhan Roberts, Andrew Shand en André Hoskin van Bowling Stones het die derde plek ingeneem.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'