RIVERSDAL GHOLFNUUS - Die sandkuil net regs van die agtste putjie by die Riversdal-gholfklub het al menige spelers se bofhoue ingesluk.
Heelparty manne - en vroue - kon met gemak hul balle met 'n netjiesse plofhou uitspeel tot op die setperk.
'n Paar, darem in die minderheid, moes spartel om hul balle uit te speel.
Basie Nortje word in 'n sandkombers toegevou ná die mooi skephoutjie uit die sandkuil. Foto's: Hugo Redelinghuys
Josef Botes speel 'n lastige plofhou suksesvol uit die sandput op die agtste.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'