STILBAAI NUUS - Hessequa-munisipaliteit se jaarlikse burgemeestersgholfdag is Saterdag 10 Desember by die Stilbaai-gholfklub aangebied.
Die wenners van die gholfdag was Tos Michaels, Leander October, Juandré Michaels en Andrew Michaels, almal van Melkhoutfontein.
Die toernooi word jaarliks gehou met die doel om fondse in te samel vir verdienstelike organisasies in die Hessequa-streek en vanjaar was dit ten bate van Melkhoutfontein Primêr.
Van links: Grant Riddles, uitvoerende burgemeester van Hessequa-munisipaliteit, Tos Michaels, Leander October, Juandré Michaels en Andrew Michaels, almal van Melkhoutsfontein. Foto's: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'