Update
SOKKERNUUS - Albertinia Spartons was die gasheerklub van 'n sokkertoernooi wat Sondag, 23 Mei op die plaaslike sportgronde plaasgevind het.
Drie klubs het aan die toernooi deelgeneem, naamlik Spurs FC en Thembu Royals, albei van Mosselbaai en natuurlik die tuisspan.
Albertinia Spartons het hulle wedstryd teen Thembu Royals afgeskop, maar verloor die eerste wedstryd met 8-0. Vir Thembu Royals het Jayli Ntusho (3), Athinkozi Maqutywa (2), Mbuyekezo Kwili (2) en Ngqobane Baxolise (1) doele aangeteken.
Spartons se volgende wedstryd was teen Spurs FC, wat gelykop met drie punte elk eindig. Spartons teken egter strafskoppe aan en wen met 4-2 na briljante skopwerk deur hulle doelwagter.
Dit besorg aan Spartons 'n plek in die eindstryd teen Thembu Royals, wat hulle die keer met 2-5 verloor.
Volgens Royals se afrigter, Bulelani Malima bestaan hulle klub vir sewe maande en is hulle besig om 'n span te bou met die jong spelers. Hy het ook gesê sy span is reg om die finaal te wen, omdat hulle hard gewerk het vir die toernooi. Hy was tevrede met sy span se vertoning.
Vorige artikel: Royals te sterk vir Spartons
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'