ALBERTINIA SOKKER NUUS - Die plaaslike sokkerspan het Sondag 7 Julie lelik teen Henra vasgeval en die wedstryd met 2-3 op hul tuisveld verloor.
Die besoekers van Mosselbaai het alles uitgehaal om die Albertinianers te wys hoe sokker by hulle gespeel word.
Die tuisspan was met 2-0 agter, maar het nooit tou opgegooi nie.
Hul doelskieter, Thabiso Masuku, het sy span se eerste doel aangeteken. Mosselbaai slaan egter met nog 'n doel toe om die telling na 3-1 op te skuif.
Reserwes is op die veld gestuur om nuwe krag in Albertinia te blaas, wat dan ook goeie vrugte afgewerp het. 'n Paar minute voor die eindfluitjie geblaas het, het hulle met nog 'n doel toegeslaan, die keer deur Yamkela Mgodlo.
Die tyd het hulle egter ingehaal en moes hulle bes gee.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'