HEIDELBERG NUUS - Heidelberg United-krieketklub speel Sondag 10 Februarie hul laaste SWDK Hessequa-stroom promosieligawedstryd tuis teen Albertinia-krieketklub.
Die wedstryd behoort as goeie voorbereiding te dien vir United wat tot dusver onoorwonne was en die voorloper in hul stroom is.
Riversdal eindig tweede in die stroom en dring saam met United deur na die kwarteindronde wat volgende Saterdag 16 Februarie gespeel word.
United sal tuisvoordeel geniet teen óf Mayflower van Groot-Brakrivier, óf teen Sussex van Mosselbaai, afhangend watter een van die twee klubs tweede eindig in die Mosselbaai-stroom.
Riversdal sal weg speel teen die wenner.
United moet nie Albertinia onderskat bloot omdat hulle nog nie een ligawedstryd hierdie seisoen kon wen nie. 'n Goeie sege oor Albertinia sal United in staat stel om hul netto lopietempo te verbeter en 'n moontlike tuis semifinaal te bekom.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'