HEIDELBERG NUUS - Riversdal-krieketklub het Saterdag, 8 Januarie hul tweede SWDK Six Gun Grill weg ligawedstryd teen Mayflower gewen.
Die Riversdallers het die tuisspan met 38 lopies op hul tuisveld op Groot Brakrivier getroef.
Die tuisspan, wat ’n redelike haalbare teiken van 139 lopies in hul toegelate 50 boulbeurte gestel was het goed begin, maar toe vier paaltjies agtereenvolgens verloor sonder om ’n lopie by te voeg.
Hulle is met hul totaal op 100 almal uit na 31.3 beurte.
Riversdal en Heidelberg United speel Saterdag, 15 Januarie tuis teen onderskeidelik Thembalethu en Mayflower. Wedstryde begin om 10:00.
'Ons bring jou die nuuste Heidelberg, Hessequa nuus'