RIVERSDAL NUUS - Riversdal-krieketklub het hulle die afgelope naweek goed van hul taak gekwyt.
Die krieketspan het die paaltjies laat spat en hulle oë was goed ingestel met die uitvang.
Ratse optrede en goeie besluitneming het gehelp om die oorwinning te behaal.
Riversdal-krieketklub klop St. Georges met een paaltjie.
Riversdal teken 133 aan met 25 beurte. St. Georges kon slegs 129 aanteken met 30.2 beurte.
Pieter April is as kolwer van die dag met 30 lopies vir 47 balle aangewys. Marvin Kortje was die bouler van die dag met vyf paaltjies vir 27 lopies van 10 beurte.
Riversdal-krieketklub het Sondag nog beter presteer en het Albertinia met 69 lopies laat les op sê. Albertinia kon slegs 120 lopies aanteken en Riversdal 189.
Granwin Scholtz in aksie tydens sy boulbeurt op Saterdag 13 Januarie in die wedstryd tussen Riversdal en St. Georges.
Die kolwer van die wedstryd was Michael Koker met 65 lopies van 58 balle.
Byron Esau is as bouler van die dag aangewys met drie paaltjies, 34 lopies van vyf beurte.
Kolwers het gesukkel om die bal verby Evan Prins te stuur.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'