RIVERSDAL KRIEKETNUUS - Riversdal-krieketklub se algemene jaarvergadering vind op Donderdag, 27 Mei om 18:00 by Riverville-sportstadium plaas.
Die vergadering is oop vir almal.
"Ou asook huidige spelers, spelers wat graag wil aansluit, individue, asook plaaslike besighede wat betrokke wil raak by die trotse kultuur van die klub is meer as welkom," sê Granwin Scholtz, huidige sekretaris.
'n Nuwe bestuur sal ook tydens die vergadering gekies word.
Die huidige voorsitter, mnr V Evertse kan gekontak word (078 962 1274).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'