HEIDELBERG NUUSFLITS - Riversdal-krieketklub het Saterdag 11 November hul eerste ronde SWDK Promosie B-stroom ligawedstryd teen Heidelberg United naelskraap met sewe lopies gewen.
Dié wedstryd was ook om die gesogte Leonard Hurling-wisseltrofee wat die besoekers suksesvol vir die vyfde keer sedert die aanvang verdedig het.
Die besoekers se kaptein, Byron Esau het die loot gewen en besluit om te kolf, maar dit het egter geboemerang toe United-kaptein, Danielo du Preez die ervare Granwin Scholtz vir ’n nulletjie met die vierde bal van die eerste beurt terug kleedkamer toe gestuur het.
Du Preez het ook Scholtz se openingsvennoot, Jason van Rensburg met die laaste bal van sy tweede beurt vir vier lopies uitgevang van sy eie boulwerk af met hul totaal op 11/2.
Mervyn Prins en Esau het egter vasgeskop om ’n vennootskap van 48 lopies op te stapel voor Prins met sy telling op 20 die veld moes verlaat as gevolg van hitte uitputting.
Esau het op daardie stadium 28 lopies aangeteken.
Riversdal-krieketklub.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'