HEIDELBERG KRIEKET NUUS - Heidelberg United-krieketklub het Saterdag 26 Januarie hul tweedelaaste SWDK Hessequastroom promosieligawedstryd oortuigend gewen.
United verslaan Melkhoutfontein op hul tuisveld met 92 lopies en verseker nie net dat hulle eerste in hul stroom eindig nie, maar ook ’n tuis halfeindronde.
Dit het wel voorgekom asof die besoekers vinnig terug in die kleedkamer sou wees nadat hulle na 7.4 beurte reeds drie kolwers vir net 31 lopies op die telbord verloor het.
Twee stewige beurte deur Berthal September het hulle egter in staat gestel om 138 lopies, almal uit in 31 beurte op te stapel.
Melkies moes 139 in hul toegelate 50 beurte aanteken, maar was sommer met die vierde bal in die eerste beurt in die knyp toe Glenville Lietz, openingskolwer uitgehardloop is.
In hul vorige wedstryd op 12 Januarie, het United ook vir Riversdal met 118 lopies gewen. Met dié wedstryd het hulle ook die gesogte Leonard Hurling-wisseltrofee suksesvol verdedig wat hulle vroeg in Oktober verlede jaar vir die eerste keer sedert die 2015/16-seisoen gebuit het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'