MELKHOUTFONTEIN NUUSFLITS - Die plaaslike krieketklub het die afgelope naweek beide hul SWDK Promosie B-stroom tuiswedstryde teen onderskeidelik Wildernis Vipers en Mayflower op ’n drafstap gewen.
In hul wedstryd Saterdag 11 November teen Vipers het die tuisspan hul besoekers met agt paaltjies afgeransel.
Vipers het eerste gekolf en 121 lopies, almal uit in 37 beurte aangeteken.
Vir Vipers het Elricardo Sampson en Jonathan Buys beide 25 lopies aangeteken.
Henrico Veldman met 19 en Kenneth Syster met 13 het ook dubbelsyfers behaal.
Vir Melkhoutfontein het Kelvin Malgas met die bal uitgeblink en het hy 6/28 met vier leeg na nege beurte platgetrek.
Die ander paaltjies is deur Peter-John Petersen, 2/20 met 2 leeg na ses, Hyron October met 1/22 met een leeg na nege en Wilhelm Sollmans met 1/30 na ses beurte ingeryg.
Die tuisspan, wat 122 in hul toegelate 50 beurte moes aanteken, het die teiken maklik behaal met net twee paaltjies plat na 19.1 beurte.
Melkhoutfontein-krieketklub.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'