MELKHOUTFONTEIN KRIEKETNUUS - Melkhoutfontein-krieketklub het Saterdag, 29 Januarie weereens hul segestog in die SWDK Six Gun Grill Promosie 2C ligawedstryd voortgesit met ’n welverdiende oorwinning teenoor Hartenbos.
Melkies wen met 86 lopies op hul tuisveld. Die tuisspan het die loot gewen en besluit om te kolf.
Die besoekers het met baie slordige boul- en veldwerk toegelaat dat Melkhoutfontein die skaflike totaal van 160, almal uit in 43.5 beurte kon opstapel.
Hartenbos het selfs 67 ekstra lopies tot die gasheerspan se totaal bygedra.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'