TUINROETE NUUS - Mayflower-krieketklub van Groot-Brakrivier het Saterdag, 19 Februarie die bordjies op hul tuisveld verhang na hul nederlaag vroeër vanjaar toe hulle Heidelberg United oortuigend met 74 lopies geklop het.
Met die verloor is United se kanse om weer as ligakampioene in die SWDK Six Gun Grill Promosie A-liga gekroon te word, tot niet.
Die besoekers se kaptein, Jaques Thyse het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen.
United het die tuisspan in die moeilikheid op 5/60 na 22.5 beurte gehad, maar Mayflower het vasgeskop met 'n goeie vennootskap om die sesde paaltjie van 84 lopies tussen Rhyno Prins en Clinton Pietersen om die skaflike totaal van 190/9 in hul toegelate 50 beurte op te stapel.
Buiten Prins met 54 vanaf 102 balle (6x4, 1x6) en Pietersen met 42 vanaf 53 balle (7x4) het Melian Jantjies met 18 vanaf 35 balle (1x4), Roysten Rabie met 16 vanaf 18 balle (1x4) en 15 vanaf 19 balle (1x4) ook hul bydrae met dubbelsyfers gemaak.
Vir United het Jaylin Opperman met 2/30 met een leeg na 10 beurte met die bal uitgeblink.
Hy is goed deur Corbin Swartbooi met 2/23 vanaf 6 beurte, Danielo du Preez met 1/31 met twee leeg vanaf 10 beurte, Carlo Williams met 2/47 vanaf 8 beurte met drie leeg en Enzo Lodewyk met 1/24 na 7 beurte met een leeg bygestaan.
Die besoekers moes die haalbare totaal van 191 lopies aanteken, maar is met hul totaal op 116 vanaf 33.3 beurte almal uit. Shirgené Swartbooi, aanvangskolwer met sy 37 lopies vanaf 55 balle (3x4; 1x6) het die beste met die kolf gevaar.
Thyse met 25 lopies vanaf 34 balle (1x4; 1x6), Du Preez met 14 lopies vanaf 20 balle (2x4) en Jacquen Meyer met 10 lopies vanaf 31 balle (1x4) het hard probeer om die teiken te behaal.
Vir Mayflower het Roopesh Raveendran weereens met 4/22 na 8.3 beurte met die bal uitgeblink. Hy is goed deur die veterane, Marius de Vos met 3/33 met een leeg na 10 beurte en Earl van Aswegen met 3/31 na 7 beurte bygestaan.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'