Hy noem dit rolbal-krieket en dit word op die rolbalbane gespeel. Dis heeltemal nuut, en is nog nooit voorheen gespeel nie. 'n Span bestaan uit drie spelers. Die een span is die 'boulers' en die opposisie is die 'kolwers'. Daar word 'paaltjies' geneem en 'lopies geslaan' en alles moet binne in die 2 meter sirkel geskied - naaste aan die wit bal.
Die toernooi het alreeds ernstig in Januarie begin toe spanne mekaar kon uitdaag op die leer. Die spel het saans om 18:00 begin tot ongeveer 20:00. Daar was 12 spanne en die eerste 8 spanne op die leer het in Februarie-maand 'n 'Round Robin' gespeel om die wenners te bepaal. Die finale vir die groot prysgeld is op 27 Februarie 2014 gespeel.
Hulle verwag groot kompetisie vir 2015 en noem ook dat volgende jaar se prysgeld 'n enorme bedrag is. Kontak gerus van John Evert as u meer van hierdie spel wil weet.

John Evert, president van Heidelberg Rolbalklub staan by die naaswenners, van links is Louis Bischoff, Ann Powell (kaptein) en Wally Steenhuis. Die naaswenners se spannaam is Seren.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'