ALBERTINIA KRIEKETNUUS - Die plaaslike krieketspan het Saterdag 7 Desember hul rieme lelik teen Hartenbos styfgeloop.
Albertinia het die loot gewen en die besoekers ingestuur om eerste te kolf.
Hartenbos het in hul toegelate 50 boulbeurte 263 lopies aangeteken en die wedstryd met 79 lopies gewen. Jaydee Bester (68) en Jayvier Dehming (59) van Hartenbos het die beste met die kolf gevaar en elk 'n 50-tal aangeteken.
Deon London het Jaydee Bester uitgeboul, terwyl Wilhelm Soulmans van Jayvier Dehming ontslae geraak het.
Vir Albertinia het Wayne Coakley (30), Frederick Uys (20) en Wilhelm Soulmans (61) alles probeer om die telling op koers te hou.
Soulmans het die boulers van Hartenbos met viere en sesse gepeper voor hy deur André Kruger uitgeboul is. London (3/31) en Rudowan Hartnick (3/31) was die beste boulers.
Albertinia se volgende wedstryd is weg teen Kwanagaba op 11 Januarie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'