RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike krieketklub het groot skade gely nadat hul plastiekseil wat gebruik word om die krieketveld (pitch) te bedek, stukkend gesny en gesteel is.
Die skade is Vrydag 1 Desember ontdek.
'n Vierkantige stuk is netjies uit die seil gesny en die klublede vermoed die skuldiges gaan dit gebruik as grondbedekker vir 'n tent.
Die voorsitter, Jason van Rensburg, vra dat enigiemand met inligting oor die voorval hom sal kontak.
'n Borg wat hulle kan help om die seil te vervang, sal ook verwelkom word.
Kontak Van Rensburg by 071 875 0254.
... en daarna
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'