RIVERSDAL NUUS - Die gesogte Leonard Hurling-wisseltrofee waarmee die tuisspan, Riversdal-krieketklub sedert 2018 in hul vertoonkas gespog het, is uiteindelik deur Heidelberg United opgeraap.
Die besoekers het Saterdag, 29 Januarie die SWDK Six Gun Grill Promosieliga A-wedstryd met drie paaltjies gewen.
Dit is slegs die tweede keer sedert 2015 wat die twee spanne om die beker meeding dat United as wenners met die beker kan spog.
Jaques Thyse, Heidelberg United-kaptein neem die Leonard Hurling-wisseltrofee in ontvangs van ’n duidelik teleurgestelde Granwin Scholtz, Riversdal-krieketklub se kaptein.
Jaques Thyse, United-kaptein en sterkolwer lê die kolf in vir een van sy twee sesse vanaf Marchello Wessels se boulwerk.
Alcano Vollenhoven, United-aanvangskolwer maak hom gereed om Marchello Wessels se draaiballe te trotseer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'