RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike krieketklub het Saterdag 24 Februarie weereens hul aartsvyand, Heidelberg United in hul tweede ronde SWDK Promosie B Stroom-ligawedstryd geklop en sodoende die gesogte Leonard Hurling-wisseltrofee vir die sesde keer ingepalm.
Die tuisspan het met 54 lopies geseëvier.
United moes 141 lopies in hul toegelate 50 beurte aan teken om vir die eerste keer dié gesogte trofee omhoog te hou, maar het hul top kolwers hulle lelik in die steek gelaat.
Na redelike goeie vertonings sedert die begin van die tweede rondte kan United net hulself blameer vir die neerlaag en sal hulle meer op hul kolfwerk moet fokus as hulle graag hul laaste drie wegwedstryde van die seisoen wil wen.
Die tuisspan het met 54 lopies geseëvier.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'