STILBAAI NUUS - 'n Week voor die Eden-atletiekkampioenskappe kom Wyatt Daniels van Laerskool Bertie Barnard by die huis met 'n los toonnael, want hy het sy toon by die skool teen 'n baksteen gestamp.
Die Maandag voor die kampioenskappe hang die toonnael heel los en sy Ma, Nytjie, besluit om hom maar eerder dokter toe te vat. Die dokter gee hom toe 'n brief wat sê dat hy glad nie aan atletiek kan deelneem nie.
Wyatt het geweier dat sy ma die brief skool toe stuur, want dit sou beteken dat hy moes onttrek en nie kon deelneem nie.
Hy het gaan hardloop met af toonnael en al en 'n nuwe Eden-rekord in die 1 200 m vir seuns o.9 opgestel met 'n tyd van 4:09:43.
Wyatt se volgende doelwit is om die 1 200 m op die Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe te wen.
Deursettingsvermoë op so 'n jong ouderdom kan lei tot 'n glorieryke atletiekloopbaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’