Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Die vorige dag se reën en voorspellings van ysige koue en meegaande storms het nie die 73 deelnemers aan die vyfde Kasselshoop Farm Run wat op 30 Junie by Kasselshoop plaasgevind het, afgeskrik nie.
Die reën het veroorsaak dat die veld nie net mooi groen was nie, maar ook dat die los sand bietjie harder was en die drawwers en stappers, jonk en minder jonk, het die vars plaaslug op ‘n ongewone warm wintersoggend terdeë geniet.
Dit was ‘n 16-jarige tweeling wat dié keer gewen het met Gunther de Coning wat na 28 min. 12 sek. eerste by die einde was terwyl sy sussie, Tishia, die eerste dame by die einde was en tweede algeheel in ‘n tyd van 30 min. 10 sek.
Die volgende Kasselshoop Farm Run vind op 28 Julie plaas.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Die volgende Kasselshoop Farm Run vind op 28 Julie plaas.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'