TUINROETE DISTRIK ATLETIEKNUUS - Eden Tweekampfederasie, in samewerking met die Wes-Kaapse departement van kultuursake & sport bied op Donderdag, 8 April ‘n ontwikkelingskliniek vir jonger atlete by LS Park op Mosselbaai aan.
Dit is gratis vir alle belangstellendes (ook afrigters/onderwysers/ouers) en ligte verversingspakkies word aan alle deelnemers voorsien.
Streng Covid protokols sal egter geld en net ‘n beperkte getal deelnemers sal geakkommodeer word. Inskrywings moet vooraf gedoen word.
Van die land se top afrigters, Sybeth Hughes (swem) en Johan Windt (hardloop) sal daar wees om die atlete te help en touwys te maak. Dit sal ongeveer 2 ure (15:00-17:00) duur. Die deelnemers moet hulle hardloop- en swemdrag saambring.
Navrae kan aan die organiseerder, Dave van der Walt (082 773 4901 gerig word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'