TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Die SA Tweekampbestuur het na breedvoerige konsultasie aangekondig dat die SA Tweekampkampioenskappe wat geskeduleer was vir Oudtshoorn op 2 en 3 April 2021, weer gekanselleer is.
Volgens Dave van der Walt, operasionele bestuurder van Eden Tweekamp en ook die voorsitter van die SA2021 Reëlings-komitee, was meer as 90% van die kampioenskappe se organisering reeds in plek.
Dis die tweede keer in net twee jaar dat dié byeenkoms afgestel moet word.