Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Die plaasdraf wat Saterdag 25 Augustus op die plaas Klein Soebattervlakte aangebied is, was ’n groot sukses met 54 deelnemers wat deelgeneem het.
Deelnemers van Heidelberg, Riversdal en Albertinia, asook Stilbaai en Jongensfontein het die oefening in die natuur geniet.
Die Kasselshoop-plaasdraf is só ontwerp dat jong en ouer mense dit kan geniet en bied die geleentheid om ’n gemerkte roete, wat elke keer verskil, op ’n privaatplaas te doen.
Die volgende byeenkoms vind op 29 September plaas.
Lees meer in die Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Deelnemers het die oefening in die natuur geniet.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa, Karoo nuus'