Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Die Kasselshoop Farm Run, wat in Februarie sy ontstaan gehad en in sy eerste bestaansjaar uit ’n reeks van 10 byeenkomste bestaan het, het Saterdag ná ’n week van uiterste hitte, in koeler en effense winderige toestande plaasgevind.
Die 6 km-roete is deur ’n matriekleerder van die omgewing, Jeffrey Saaiman in ’n tyd van 26:48 kafgedraf. Hy is deur Cheivino September gevolg met sy jonger broer, Shelton Saaiman wat derde was.
Gerrit Meyer, wat vir die eerste keer deelgeneem het en Chris Benade het die top vyf afgerond.
Shelsley van Zijl het heel goed tydens háár eerste deelname gevaar deur die eerste dame by die einde te wees.
Sy is gevolg deur Michelle Pretorius met Lizette Cronje derde, Arissa Cronje vierde en Sanet de Bruin vyfde.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'