ATLETIEKNUUS - Sebastien Bredell het op 16 Maart aan die SA atletiekkampioenskap in Germiston aan hoogspring deelgeneem.
Hy en sy Gautengse opponent het die SA rekord, wat vir 24 jaar nie verbeter kon word nie, van 1,58 m na 1,59 m opgeskuif.
Dié rekord is in 1995 deur Jacques Freitag, die voormalige wêreldkampioen, opgestel.
Bredell wen 'n silwermedalje nadat sy opponent met die volgende hoogte eerste oor die lat geseil het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'