STILBAAI NUUS - Vier jaar gelede, op 22 Januarie 2022, tydens die tweede Stilbaai-parkrun, was daar 83 deelnemers. Saterdag, 17 Januarie, het nie minder nie as 184 deelnemers die pragtige roete voltooi.
Die rekordgetal deelnemers oor die vier jaar staan op 545 op 'n Saterdagoggend, en dié wedloop het op 27 Desember 2025 plaasgevind.
Deelnemers kom van oraloor, en Saterdag was Dylan en Danielle Cooper van Nieu-Seeland daar om die roete saam met hulle baba aan te pak.
Dylan en Danielle was die eerste man en eerste vrou oor die eindstreep tydens die tweede wedloop op 22 Januarie 2022, en Saterdag het Dylan sewende oor die eindstreep gekom. Danielle het gestap, aangesien sy hulle baba gedra het.
So is daar week na week baie interessante stories by die Stilbaai-parkrun, en mense kom weer en weer terug om die roete te geniet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’