TUINROETE DISTRIK ATLETIEKNUUS - Na die 2020 SA kampioenskappe as gevolg van die Covid-19- pandemie gekanselleer is, is die Eden-tweekampvereniging weer suksesvol as die gasheer van die SA tweekampkampioenskappe aangewys.
Dit sal vanaf die 2 tot die 3 April 2021 op Oudtshoorn aangebied word.
Tussen 800 en 900 atlete van 14 provinsies en hul gesinne word by dié byeenkoms verwag en kan die dorp dus 'n groot finansiële inspuiting gedurende die tydperk verwag.
Om van hierdie byeenkoms 'n sukses te maak, het Eden-tweekamp al die rolspelers op Oudtshoorn en in die Eden-distrik nodig en beoog hulle om hierdie 'n uithanggeleentheid te maak.
Die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport asook die Oudtshoorn-munisipaliteit en Sportsmans Warehouse is reeds betrokke.
Daar word ook tans met verskeie potensiële borge onderhandel om aan boord te kom.
By die 2021-byeenkoms sal daar van 'n koeponstelsel gebruik gemaak word en alle besoekende spanne gaan van hierdie koepons voorsien word.
Indien besighede by hierdie projek inskakel, gaan die besigheid se naam en kontakbesonderhede vooraf aan al 14 spanne en hulle ouers beskikbaar gestel word en gaan dit ook in die amptelike gedrukte program verskyn.
In ruil daarvoor vra Eden-tweekamp 5% van die bedrag wat by 'n besigheid spandeer word.
Besighede wat belangstel kan die hooforganiseerder, Dave van der Walt, by 082 773 4901 of davesus@telkomsa.net kontak vir enige verdere inligting.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'