HEIDELBERG NUUS - Jo-Ané van Dyk, spogatleet van Heidelberg het tydens die pas afgelope CAA Afrika senior atletiek kampioenskappe goud verwerf.
Die kampioenskappe het vanaf 8 tot 12 Junie in Saint Pierre, Mauritius plaasgevind.
Jo-Ané het met ’n afstand van 60.65 meter stof in die ander deelnemers se oë geskop.
Nog twee Suid-Afrikaners, Mckyla van der Westhuizen en Jana van Schalkwyk het onderskeidelik die silwer- en bronsmedaljes by die kampioenskappe ingepalm.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'