RIVERSDAL SPORT NUUS - Sebastien Bredell van Laerskool Volschenk op Riversdal het op 16 Maart aan die SA atletiekkampioenskap in Germiston aan hoogspring deelgeneem.
Hy en sy Gautengse opponent het die SA rekord, wat vir 24 jaar nie verbeter kon word nie, van 1,58 m na 1,59 m opgeskuif.
Dié rekord is in 1995 deur Jacques Freitag, die voormalige wêreldkampioen, opgestel. Nadat die rekord verbeter is kon nie een van hulle met die volgende hoogte oor die lat seil nie. Hulle moes ’n finale uitdun ronde hou.
Dit beteken dat die een wat eerste oor die lat kom, die goue medalje huistoe neem. Bredell wen ’n silwermedalje nadat sy opponent met die volgende hoogte eerste oor die lat geseil het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'