STILBAAI NUUS - Die biblioteke van die Hessequa-munisipaliteit en die kunstenaars van die Hessequa Kunsroete span weer saam om hierdie gewilde kinderkunskompetisie aan te bied.
Alle graad 5 - 7-leerlinge word aangemoedig om aan die kompetisie deel te neem.
Die tema sal deur die loop van Januarie bekend gemaak word, en meer inligting kan by jou skool of die naaste biblioteek verkry word.
Al die kunswerke sal in September in die Heidelberg Biblioteek, tydens die Hessequa Harmonie-fees, uitgestal word.
Daar is lekker pryse op die spel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’