STILBAAI NUUS - Stem vir Stilbaai as Kwêla se Dorp van die Jaar vir 2024.
Jy het nog kans om te stem tot Vrydag 15 Maart om 12h00.
Stilbaai met sy pragtige strande, wandelroetes en weergalose gasvryheid het jou stem nodig om as wenner uit die stryd te tree, maar dan moet jy nou stem.
Al wat jy hoef te doen is om die woord Stilbaai te sms na 33157. Jy kan soveel sms'e stuur as wat jy wil en dit kos 'n skamele R1.50 per sms.
Dink aan Touchies en die Trans Agulhas rubberboot wedvaart en onmiddellik sien jy Stilbaai in jou geestesoog.
Raak jy honger dan dink jy aan die beste eetplekke in die Tuinroete.
Stem nou, môre is te laat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’