STILBAAI NUUS - Die verlate Stilbaai karavaanpark met enkele karavane van vakansiegangers wat nog by die see wil wees tot die allerlaaste staan in skrille kontras met Jongensfontein.
Die pragtige en immergewilde Jongensfontein karavaanpark is nog meer as 75% vol en die vakansie atmosfeer hang nog dik oor Jongensfontein.
Sodra hulle opgepak het kom die volgende golf van gesinne sonder skoolgaande kinders en pensionarisse om die heerlike laat Januarie en Februarie weer te geniet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’