Gallery Update
ALBERTINIA NUUS - Landbouers het met trane in hul oë die Rooi Konvooi van Droogtehulp met Burre Burger op Woensdag 8 Augustus verwelkom.
Die vrag mielies het altesaam 320 ton geweeg. Landbouers van Riversdal, Albertinia, Vleesbaai, Mosselbaai en Groot-Brakrivier kon in hierdie seëninge deel.
Een van die landbouers Pieter Muller, het gesê dat dit nog nooit só droog in die streek was nie. Almal was met vreugde gevul toe dié vragmotors se gedreun oor die vlaktes gehoor kon word.
"Hierdie is hoendervleis oomblikke. Ons is uit ons harte dankbaar. Dankie aan elkeen wat op verskillende maniere 'n bydrae gelewer het," het Muller bygevoeg.
Dit is die 850ste vrag wat Burger reeds tussen verskillende streke versprei het. In 'n video op sy Facebook-blad sê hy dat al die eer die Here toekom.
"Elke keer wanneer die mense voel dat hulle hoop wil verloor, gryp God weer in," sê Burger op die video.
Lees 'n vorige artikel: Oase in die droogtetyd
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'