Gallery
SUID-KAAP NUUS - Landbouers van die streek het met vreugde in hulle hart droogtehulp met Burre Burger se Rooi Konvooi op Woensdag 8 Augustus verwelkom.
Tien rooi vragmotors, elkeen met ’n vrag vol mielies, het hoop vir die toekoms saam ingery.
320 Ton mielies is aan lanbouers in Riversdal, Albertinia, Vleesbaai, Mosselbaai en Groot-Brakrivier geskenk. Pieter Muller het namens almal vir Blinkwatermeule, Burre Burger, die drywers en elkeen wat ’n donasie op watter wyse ookal gemaak het, bedank.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'