Azeeza Rangunwala sê die diefstal het verlede week Woensdag by ’n restaurant in Brooklyn gebeur.
“Ek en ’n metgesel was by Crawdaddy’s toe die vrou ongesiens verby ons tafel loop en my handsak vat, wat ek oor my stoel se rugleuning gehang het.”
Die video-opname van ’n veiligheidskamera, wys hoe die effe stewige verdagte Rangunwala se handsak opmerk en nader aan die tafel beweeg.
Sy neem dan ongesiens die handsak en beweeg na ’n ander tafel waar sy die handsak vir ’n beursie daarin deursoek.
“Sy het die handsak gelos en is met my beursie weg. Ek het sowat R300 kontant daarin gehad asook ’n paar kaarte,” sê Rangunwala.