Adriana het vertel dat sy Vrydagaand saam met Kayla en nog twee vriendinne uitgegaan het.
”Ons het na middernag een van die vriendinne (sy wil nie haar naam gepubliseer hê nie) in Sherwood Gardens gaan aflaai en het daarna in Voortrekkerweg na ons huis in Brakpan-sentraal gery.
“Die strate was maar stil en ek het agter gekom dat daar ‘n voertuig was, wat ons agtervolg het,” het Adriana vertel.
“Ek het op ‘n plek afgedraai en toe ek sien dat die kar agter my ook draai het ek besef dat ons in die moeilikheid kan wees.”