Die man, ’n inwoner van die noorde van Pretoria, is Dinsdag deur die polisie in hegtenis geneem
Hy het dieselfde storie Sondag aan Rekord vertel – van hoe kapers hom uit sy motor gepluk en aangeval het.
Hy het beweer dat hy verlede Vrydag in Foxglovestraat, Doornpoort aangeval is.
Om sy storie te probeer staaf, het die man Rekord selfs van ’n foto voorsien wat kwansuis ’n kneusplek onder sy oog bevestig.
Sinoville se polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Johan van Dyk, sê: “Die man is Dinsdagoggend weens meineed in hegtenis geneem.”
Puik speurwerk deur adjudant-offisier David Conradie en kaptein Jaco Corbett het die klug ontbloot, vertel Van Dyk.
“Iets was nie pluis toe die man ’n verklaring kom maak het nie,” verduidelik Van Dyk.