NATIONAL NEWS - Nóg ‘n kind is dood nadat ‘n Fidelity-voertuig en ‘n Ford Icon gisteraand om ongeveer 21:00 op Louis Fourieweg gebots het.
Dit bring die dodetal op ses te staan, drie kinders en drie vroue.
Twaalf mense is ook tydens die voorval beseer.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat een van die voertuie regs vanaf Louis Fourieweg op die Danabaaibrug die afrit na die N2 wou neem toe die botsing reg van voor plaasgevind het.
Polisiewoordvoerder sers Chris Spies sê vyf mense is op die toneel dood verklaar.
“Een kind met verskeie beserings is na ‘n hospitaal in George geneem en by aankoms dood verklaar.” KwaNonqaba-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en roekelose-en-nalatige bestuur. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die ouderdomme en identiteite van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie. Kort voor dit het ‘n Suzuki motorfiets en ‘n bakkie op Louis Fourieweg naby Asla Park gebots. Die voorval het om ongeveer 18:00 plaasgevind. Die motorfietsryer is met veelvuldige beserings na ‘n hospitaal vervoer.
Meer inigting is nie tans bekend nie.
Vorige artikel: Gru botsing eis vyf, 12 beseer
Article: Sister publication, Mossel Bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’