Die WGO se verslag Preventing Suicide – A Global Imperative sê dié syfer is waarskynlik veel hoër weens die stigma aan selfdood, gebrekkige statistieke en godsdienstige of regssanksies in sommige lande. En daarom juis dié opdrag aan elkeen van ons: Normaliseer psigiese siektes as die biologiese siektes wat dit is – reik uit en red ’n lewe.
In die afgelope dekade het die selfdoodsyfer onder jong kinders “dramaties verhoog”. Selfdood is die derde grootste oorsaak van dood onder pre-tieners.