NASIONALE NUUS - Verskeie nooddienste was gisteraand, Saterdag, 21 Februarie op die toneel nadat 'n bakkie op die Hamelkop-pad duskant Klein-Brakrivier gerol het.
Nooddienspersoneel moes van gespesialiseerde meganiese toerusting gebruik maak om die insittendes uit die wrak te sny.
Volgens die Groot-Brakrivier-polisie is die slagoffers na ’n plaaslike hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.
Lees meer aanlyn by die Mossel bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’