MOTORNUUS - Die splinternuwe Nissan Micra is gekies as een van die finaliste vir die 2019 Motor van die Jaar, geborg deur AutoTrader.
Die klein Nissan Micra, soos die naam aandui, verdien die erkenning danksy die vars bries wat dit deur die klein motorsegment in Suid-Afrika laat waai het.
"Ons is trots op die algehele puik produk wat die Nissan Micra is," het Kabelo Rabotho, direkteur van bemarking by die Nissan-groep gesê. "Dit is 'n indrukwekkende lys finaliste, maar ons ken Micra.
Met sy pragtige ontwerp, uitmuntende spesifikasies en die opwindende rit is dit tog 'n baie sterk aanspraakmaker."
Die Micra lewer 'n imposante 66kW krag uit sy turbo-aangejaagde petrolenjin, met bestuursplesier en veelsydige praktiese eienskappe.
Die nuwe Micra is toegerus met 'n wye verskeidenheid tegnologie vir gerief en veiligheid van die motor. Een van die uitstaande kenmerke is 'n 7" kleurskerm met Apple CarPlay asook konneksies met MP3, USB en Bluetooth.
Die Micra bied gemoedsrus danksy 'n omvattende naverkoopdiens wat moeitelose instandhouding moontlik maak.
Soos met alle ander Nissan-voertuie, word die Nissan Micra gedek deur Nissan Assured en kom dit met 'n waarborg van ses jaar of 150 000 km; 'n diensplan van drie jaar of 90 000 km en 24/7 padbystand.
Die Nissan Micra is onlangs as Ierse Motor van die Jaar aangewys in die afdeling vir kompakte motors in 2018.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo news'