Die nuwe sport sedan het splinternuwe stilering wat dit terselfdertyd 'n stewiger, meer individuele voorkoms gee en ook Lexus se klem op dinamiese verrigting onderstreep.
Die IS 300h sal later vanjaar in Europa te koop aangebied word. Dit sal ook met 'n F Sport-pakket beskikbaar wees, wat 'n eksklusiewe buitekant en binneruim met sportiewe ontwerpeienskappe en meer sportiewe bestuurseienskappe sal hê.
Die bekroonde Lexus LF-LC 2+2-hibried-sportkoepee-konsepmodel was ook by die Geneefse Motorskou te sien en in 'n uitsonderlike nuwe opaalblou afwerking.
Hierdie konsepmodel het Lexus se meer sportiewe nuwe beeld gedemonstreer en die klem val ook sterk op die bestuurder en binneruim. Dit wys Lexus se nuwe ontwerprigting, met 'n groot uurglas-vormige sierrooster voor. Agter het dit ook stilering wat met doeltreffende ontwerp saamsmelt.
Lexus se volle reeks F-Sport-volhibriedmodelle, wat die nuwe IS 300h F-Sport insluit, was in Genève te sien wees en hul plek vul op die splinternuwe motorskou uitstalruimte.
.jpg)
Die bekroonde Lexus LF-LC 2+2-hibried-sportkoepee-konsepmodel.