Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Jy is ongelukkig te laat om kaartjies vir die produksie Koffer in Berlyn te koop. Dié toneelkabaret met Jacobi de Villiers (alt) en Elna van der Merwe (klavier) is uitverkoop.
Maar jy kan die oggend 09:00 by die Doornboom-opstal (Fouriehuis) begin met 'n ligte ontbyt. Die gewilde RSG-omroeper, Haidee Muller-Isaacs, gesels met die gevierde joernalis en skrywer Riette Rust oor haar loopbaan en jongste boek, Die geskenk - liefde, selfdood en dieper leef.
Skemertyd om 18:00 skyn die maan op nagmusiek in die klassieke produksie met Lynelle Kenned (sopraan), Corneil Muller (bariton), Zanta Hofmeyr (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool), Susan Mouton (tjello) en Elna van der Merwe (klavier).
Hulle gaan immergroen treffers uit Les Misérables, Chess, Phantom of the Opera, The Sound of Music en West Side Story met nuwe energie en begeesterde vertolkings uitvoer.
Die fees duur tot Saterdag 21 September.
VIDEO: Corneil Müller tree op by Hessequa Harmonie in Music of the Night, die ATKV galakonsert en die Afsluitingskonsert op die plaas Dasjesdrift.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’