STILBAAI NUUS - 'n Kontrakteur het begin met die ontbossing waar die westelike verbypad in Stilbaai gebou gaan word.
Die pad gaan Hoofweg-Wes en die Jongensfonteinpad verbind en gaan in drie fases voltooi word.
Fase 1 begin waar Under Milkwood by Hoofweg-Wes aansluit en gaan tot by Kerkstraat se verlenging na die nuwe ontwikkeling, Plattebosch Kloof.
Daar is 'n impakstudie gedoen en alle regulasies sal nagekom word met die bou van die pad.
Waar die pad byvoorbeeld die watersloot met fonteinwater kruis sal pype gelê word.
Na voltooiing sal die pad die verkeerslas op die middedorp verminder, veral in vakansietye.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’